DA eis dat klopjagte by meer tronke uitgevoer word

Die DA sê smokkelgoedere in tronke ondermyn rehabilitasiepogings van gevangenes en stel die veiligheid van die land se gevangenisse in gevaar. Amptenare van die Departement van Korrektiewe Dienste en die polisie het Woensdagaand ‘n klopjag op die Johannesburgse Korrektiewe Sentrum, ook bekend as Sun City uitgevoer. Dwelms, alkohol, messe, selfone en WiFi-roeteerders was sommige van die items wat opgespoor is. Janho Engelbrecht van die DA sê pogings moet verskerp word om soortgelyke klopjagte by al die korrektiewe geriewe uit te voer: