DA eis antwoorde op afstand werksvisum

Die DA in die Wes-Kaap wil hê die Departement van Binnelandse Sake moet voor die provinsiale Staande Komitee oor Finansies, Ekonomiese Geleenthede en Toerisme verskyn om rekenskap te gee van die oponthoud om die visum vir afstandswerk in te stel. Cayla Murray van die party sê hulle vra reeds sedert 2021 vir so ‘n visum. Sy sê die regering wil nie eens moeite doen om dié besliste hupstoot vir ekonomiese groei in te stel nie en dit is duidelik dat hulle nie omgee om oplossings vir werkloosheid te vind nie.