DA druk NVG vir vervolgings in Life Esidimeni-saak
Die DA in Gauteng sê hy het die volledige uitspraak van 196-bladsye oor die Life Esidimeni-ondersoek bestudeer en gaan druk uitoefen op die Nasionale Vervolgingsgesag om ‘n wye reeks aanklagte binne ‘n kort tydraamwerk uit te reik. Woordvoerder Jack Bloom sê daar is ‘n reuse-hoeveelheid getuienis wat gebruik moet word om almal te vervolg wat uitgewys is – nie slegs die voormalige LUR vir Gesondheid, Qedani Mahlangu, en die eertydse direkteur van Geestesgesondheid, Makgabo Manamela, wat aanspreeklik bevind is vir die dood van nege pasiënte nie.