DA dring steeds aan dat justisieminister moet waai

Die DA het sy oproep herhaal dat die justisieminister, Thembi Simelane, van haar pligte onthef word. Dit volg te midde van nuwe bewerings van teenstrydighede in haar leningsooreenkoms met die fasiliteerder van VBS Mutual Bank, Gundo Wealth Investments. Volgens News24 is die leningsooreenkoms waarskynlik teruggedateer. Glynnis Breytenbach van die DA, sê Simelane kan nie voortgaan in haar rol nie want die bewerings werp ’n skadu oor haar vermoëns om haar pligte uit te voer.