DA: Cyril se wanklanke is ANC-beleid

Die DA se nasionale woordvoerder oor internasionale betrekkinge en samewerking, Emma Louise Powell, sê President Cyril Ramaphosa se opmerkings voor die Brics-beraad het geen bewys gelewer van enige maatreëls wat ingestel is om vryheid, vrede en veiligheid te bevorder nie. Sy sê Ramaphosa het versuim om op te tree om menseregte en die oppergesag van die reg in Afrika te bevorder. Powell sê Ramaphosa se opmerkings het die wanklanke beklemtoon wat die ANC se buitelandse beleid kenmerk.