DA: Cyril moet eerlik wees oor Eskom-kartelle

Die DA-leier, John Steenhuisen, doen ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa om die land in sy vertroue te neem en presies in te lig oor wat hy van die korrupte kartelle geweet het wat Eskom saboteer. Volgens berigte het die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, Ramaphosa se nasionale veiligheidsraadgewer, Sydney Mufamadi, en die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, in Julie verlede jaar by Eskom se hoofkantoor oor die saak ingelig. Steenhuisen sê die name van twee senior ANC staatsamptenare wat by Eskom se korrupsie betrek word, is aan Mufamadi gegee.