DA bepleit rasionalisme in Gaza-konflikNovember 8, 2023

Die DA sê hy verwerp enige sentiment wat óf Israel óf Palestina wil vernietig omdat die party rasionalisme kies wat gebaseer is op vreedsame naasbestaan vir albei lande. Die Parlement het debat gevoer oor die Israel-Palestynse konflik. Sedert die Hamas-aanvalle op die sewende van verlede maand waarin 1 400 mense in Israel vermoor is, is meer as 10 300 mense in Gaza dood. Emma Louise Powell van die DA sê om vrede te bewerkstellig moet rasionalisme eerder as radikalisme seëvier.