DA bekommerd oor hoër fases van beurtkrag
Die DA in die Wes-Kaap doen ‘n beroep op Eskom en die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, om bespiegelings uit te klaar oor Suid-Afrika wat binnekort na hoër fases van beurtkrag verskuif kan word. Dit volg omdat ongeveer die helfte van die kragvoorsiener se opwekkingsvermoë onbeskikbaar is as gevolg van onklaar-rakings. Die DA-lid, Christopher Fry, sê kommer onder inwoners is heeltemal geregverdig aangesien Suid-Afrika tans op fase ses-beurtkrag is, en hoër fases soos fase 10 sal katastrofies wees.