DA bekommerd oor ‘gevaarlike’ skooluitstappies

Die DA in Gauteng doen ʼn beroep op die provinsiale Onderwysdepartement om van skole te vereis dat alle nodige voorkomingsmaatreëls ingestel word om leerders se veiligheid tydens skooluitstappies te verseker. Dit volg nadat Latoya Temilton, ʼn graad sewe-leerder van Laerskool Queenswood in Pretoria, tydens ʼn skooluitstappie verdrink het. Sergio dos Santos van die DA sê hulle verwelkom die departement se besluit om ʼn onafhanklike ondersoek na die voorval in te stel, maar hulle is diep bekommerd dat skooluitstappies gevaarlik word.