DA bekommerd oor cholera-toename

Die DA in Gauteng sê die provinsie moet sy toesig verskerp om die verdere verspreiding van cholera te voorkom, ná tien bevestigde gevalle. Die laaste sewe gevalle was mense met geen onlangse geskiedenis van reis van die buiteland of kontak met reisigers vanuit besmette gebiede nie. Die DA-lid, Jack Bloom, sê dit is duidelik ingevoerde gevalle het gelei tot die plaaslike oordrag weens besmette watervoorrade, insluitend die Jukskeirivier wat deur Alexandra en Diepsloot vloei en waar cholera-gevalle opgespoor is.