DA: ANC paniekbevange oor kader-ontplooiing
Die DA sê dis duidelik dat die ANC nou desperaat en paniekbevange is om die waarheid oor kader-ontplooiing weg te steek. Dit volg nadat die regerende party gesê het hy gaan die Appèlhof nader om ‘n bevel van die hooggeregshof teen te staan, wat hom beveel om die notules van sy kader-ontplooiingskomitee se vergaderings te oorhandig. Leon Schreiber van die DA sê hulle glo die notules sal onthul hoe die kader-ontplooiingskomitee onder voorsitterskap van president Cyril Ramaphosa onwettig by aanstellings-prosesse ingemeng het.