DA: ANC gebruik boukontrakte om stemme te werfJuly 24, 2023
Die DA in Gauteng sê dit is onrusbarend dat die ANC in die provinsie boukontrakte gebruik om stemme te werf en kader-ontplooiing bevorder voor die 2024-verkiesing. Volgens ʼn woordvoerder van die DA, Fred Nel, het die party geloofwaardige inligting ontvang dat die ANC die herstel van die Hendrik Potgieter-brug in Roodepoort vir hierdie doel inspan.