DA: 50% vrekte-koers onder kudde weens gebrek aan entstowwe
Die DA doen ‘n beroep op die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, om Onderstepoort Biologiese Produkte toe te laat om in vennootskap met privaat maatskappye die vervaardiging van kritieke diere-entstowwe moontlik te maak. Lede van die Nasionale Rooivleis Produsente-organisasie kla omdat hulle kuddes weens ‘n tekort aan bloutong-entstowwe vrek. Bronwynn Engelbrecht van die DA sê boere het ‘n 50 persent vrekte-koers onder hulle kuddes aangeteken.