D-Dag-veteraan sterf op pad Normandië toe
‘n Veterane-organisasie het bevestig ‘n voormalige Amerikaanse soldaat van die Tweede Wêreldoorlog het gesterf terwyl hy op pad na Frankryk toe was vir die 80ste herdenking van D-Dag in Normandië. Die 102-jarige Robert Persichitti het na berig word siek geword op ‘n skip op pad na Europa, en is per helikopter na ‘n Duitse hospitaal geneem waar hy gesterf het. Persichitti was tydens die oorlog in die Amerikaanse vloot in Japan. Hy het saam met sy voormalige kameraad, Al DeCarlo, gereis wat saam met hom op die Japannese eiland Iwo Jima geveg het.