Cyril woon finansieringsberaad in Parys by

President Cyril Ramaphosa woon vandag en môre die beraad oor ‘n nuwe Globale Finansieringsverdrag in Parys by. Meer as 30 staatshoofde gaan die beraad bywoon, wat gehou word onder die tema Towards More Commitments to Meet the 2030 Agenda. Die presidensie sê die beraad het ten doel om ‘n nuwe kontrak tussen die Noorde en die Suide te bou, ten einde toegang tot finansiering deur kwesbare lande te vergemaklik. Die  beraad poog ook om verskeie agendas bymekaar te bring, insluitend klimaat, ontwikkeling en skuld.