Cyril wens Bafana Bafana voorspoed toe teen Nigerië

Sokker: President Cyril Ramaphosa is vol lof vir Bafana Bafana en hulle prestasie om die halfeindstryd van die Afrikabeker-toernooi te haal. Bafana het hulle plek bespreek deur die Kaap Verdiese Eilande met 2-1 op strafdoele te klop, na ‘n doellose gelykop uitslag. Dis hulle eerste verskyning in die halfeindstryd van die kompetisie in 24 jaar. Ramaphosa het die span sterkte toegewens vir hulle kragmeting Woensdag teen die Super Eagles van Nigerië.