Cyril waarsku oor armoede en ander uitdagings in New York

President Cyril Ramaphosa waarsku wêreldleiers om wêreldwye probleme soos armoede, ontwikkelende konflik en krisisse in openbare gesondheid te takel en te oorwin. Hy het Suid-Afrika se verklaring by die Toekomsberaad gelewer wat tans in New York aangebied word. Dit is waar die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering die Toekomsverdrag aanvaar het. Ramaphosa sê die verdrag is ʼn geleentheid om die multilaterale stelsel te verander en te hernu om die wêreld se uitdagings te hanteer: