Cyril vra raad en parlement om op Mandela-dag te sit

President Cyril Ramaphosa het gevra dat ʼn gesamentlike sitting van die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies gehou word vir die Parlementsopening op 18 Julie 2024. Die sitting wat saamval met Internasionale Nelson Mandela-dag, sal die president kans gee om die sewende administrasie se prioriteite uiteen te sit. Woordvoerder Vincent Magwenya sê die geleentheid wil Mandela se nalatenskap eer: