Cyril vra meer geld vir klimaatfonds

President Cyril Ramaphosa het ‘n beroep gedoen vir verhoogde bydraes tot die nuwe Fonds vir Verlies en Skade om klimaatsverandering teen te werk. Ramaphosa het wêreldleiers toegespreek op die COP28-klimaatspitsberaad en Afrika se kwesbaarheid vir klimaatsverandering en die belangrikheid van ‘n werksprogram oor nasionale en internasionale regverdige oorgang oor ekonomiese sektore heen beklemtoon. Ramaphosa het benadruk klimaatsoptrede is lewensbelangrik vir Suid-Afrika se volhoubare ontwikkeling. Hy vra multilaterale optrede moet steeds ‘n sentrale rol speel in wêreldwye klimaatsoptrede.