Cyril vol vertroue oor ANC se meerderheid
Die ANC-president Cyril Ramaphosa het herhaal dat hy vol vertroue is dat sy party ‘n meerderheid sal behaal in volgende week se algemene verkiesing. Peilings dui daarop dat die regerende party ongeveer 45-persent van die stemme kan kry, wat sou beteken hulle moet ‘n koalisie vorm om ‘n meerderheid te verseker. Die president het tydens sy verkiesingsveldtog in Bokamoso in Noordwes gesê niemand gaan die ANC vernietig nie, dis die tuiste vir alle Suid-Afrikaners: