Cyril toon medelye met Raisi se afsterwe

President Cyril Ramaphosa het sy hartseer uitgespreek oor die dood van die president van Iran, Ebrahim Raisi, die minister van Buitelandse Sake, Hossein Amir-Abdollahian, en nog sewe mense. Hulle het in digte mis in ‘n helikopter-ongeluk gesterf in die noorde van die land. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die president is geskok oor die buitengewone, ondenkbare tragedie …

President Nangolo Mbumba het op sy X-platform ook sy medelye uitgespreek en sê Raisi was ‘n toegewyde leier.