Cyril stel SA G20-presidentskap bekend

President Cyril Ramaphosa het vandag Suid-Afrika se G20-presidentskap amptelik bekendgestel, met die fokus op klimaatsoptrede en skuldverligting vir ontwikkelende lande. Met die tema, Solidariteit, Gelykheid en Volhoubaarheid, is die fokus op die verhoging van klimaatsfinansiering vir ‘n billike energie-oorgang en die versekering van volhoubare oplossings vir skuld van lande met ʼn lae inkomste. Ramaphosa het tydens ʼn nuuskonferensie onderneem om ontwikkelingsbehoeftes van Afrika tydens die presidentskap uit te lig, wat uitloop op die G20-leiersberaad in Johannesburg in November volgende jaar.