Cyril spreek beurtkrag, misdaad by ANC-vergadering aan

President Cyril Ramaphosa sê om energiesekerheid te bring en beurtkrag te beëindig is die nommer een prioriteit. Eskom pas hierdie week in die aande fase ses-beurtkrag toe weens beperkings met opwekkingskapasiteit. Ramaphosa sê die die party se uitvoerende komitee verwelkom die belangrike stappe wat deur die regering geneem word om die Energie-aksieplan in werking te stel:

Intussen sê Ramaphosa die komitee is vasbeslote om die misdaadsituasie in die land op te los. Hy sê die vrede- en stabiliteitskomitee is opdrag gegee om ‘n nasionale plan van aksie op te stel, om beide wetstoepassingsagentskappe en betrokkenheid deur landsburgers te versterk, ten einde veiligheid en stabiliteit in die land dringend te herstel: