Cyril soek bilaterale handel, beleggings met Ghana

President Cyril Ramaphosa het tydens die Suid-Afrika-Ghana Bi-Nasionale Kommissie in Pretoria gevra vir uitgebreide bilaterale handel en belegging tussen Suid-Afrika en Ghana. Hy sê Suid-Afrika is gretig om invoer-uitvoer-verhoudinge voort te sit en sê Suid-Afrikaanse maatskappye stel belang om beleggings in Ghana uit te brei. Ramaphosa het ook samewerking tussen die infrastruktuur- en pre-chemiese sektore verwelkom. Hy sê dis belangrik om die afname in handel die afgelope vier jaar om te keer en om handelsbetrekkinge op ‘n ekonomiese en beleggingsvlak te bevorder.