Cyril sit al sewe maande op gesondheidsberoepe-verslag

Die DA vra president Cyril Ramaphosa om dringend die verslag van die Spesiale Ondersoekeenheid oor die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika bekend te maak. Die eenheid het ‘n ondersoek na beweerde wangedrag en wanadministrasie afgehandel en die verslag sewe maande gelede aan die president voorgelê. Die party onderskryf die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging wat sê deur die verslag terug te hou, skaad dit die mediese beroep en gesondheidsorgsektor. Michelle Clarke van die DA vrees Ramaphosa se optrede is ʼn herhaling van vorige bestuursmislukkings.