Cyril se Staatsrede was verkiesingsfoefie: politieke ontleder

Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder, Daniel Silke, sê die staatsrede was ‘n verkiesingstoespraak deur ‘n president met ‘n middelmatige tot ‘n misrabele en skadelike termyn. Opposisiepartye het president Cyril Ramaphosa se toespraak gekritiseer en gesê dit was ver van die werklikheid verwyder en ‘n mislukte poging om die ANC se verkiesingsmanifes bekend te stel. Silke sê Ramaphosa moes noodgedwonge terugval op die regerende party se geskiedkundige prestasies, omdat die kanse vir tasbare suksesse in sy termyn verspeel is.