Cyril sê staat sal bou van elektriese voertuie ondersteun

President Cyril Ramaphosa belowe staatsondersteuning vir die vervaardiging van nuwe energievoertuie in Suid-Afrika, namate die land oorskakel na ‘n groener motorbedryf. Hy het by die SA Motorweek gesê die land moet hom gereed maak vir die stygende vraag na elektriese en hibriede voertuie. Volgens Ramaphosa werk die regering aan beleid om vervaardigers te help en belastingkortings aan verbruikers te bied.