Cyril sê slagoffers van massaskietery sal geregtigheid kry

President Cyril Ramaphosa sê geregtigheid sal geskied ná Vrydag se massaskietery in Lusikisiki in die Oos-Kaap wat die lewens van 18 mense, meestal vroue, geëis het. Hulle het voorberei om ‘n grafsteen-onthulling by te woon vir twee familielede wat verlede jaar vermoor is. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Mangwenya, sê die president het sy meegevoel met die slagoffers se families betuig en die versekering gegee spesialisspeurders en forensiese kundiges van die polisie is ontplooi om ondersoek in te stel.