Cyril se oud-raadgewer beboet oor doktorsgraad-leuen
Die Johannesburgse Aandelebeurs het president Cyril Ramaphosa se voormalige raadgewer, Thabi Leoka, beboet omdat sy nie kon bewys dat sy ‘n doktorsgraad van die Londen School of Economics verwerf het nie. Leoka was ‘n direkteur van Remgro, Anglo American Platinum en MTN en deel van Ramaphosa se ekonomiese adviesraad. Sy is ‘n boete van 500-duisend-rand opgelê en onder openbare sensuur geplaas. Leoka mag vir vyf jaar nie as ‘n direkteur van maatskappye of op die bestuur van genoteerde maatskappye op die Beurs dien nie.