Cyril sê korrupsie word aangevat
President Cyril Ramaphosa sê korrupsie het die land se demokrasie gewond en laat wankel mense se geloof in instellings. Hy het die hoofrede gelewer in Boksburg, Gauteng by die openingsessie van die Nasionale Anti-Korrupsie Adviesraad se nasionale dialoog oor die bou van ‘n korrupsievrye Suid-Afrika. Ramaphosa sê oor die afgelope vyf jaar het die regering in aansienlike hulpbronne belê om die wetstoepassingsagentskappe en ander liggame wat deur staatskaping verwoes is, te herbou.