Cyril sê hy het gevra dat Eskom eers sy verhoging uitstel
President Cyril Ramaphosa sê hy het Eskom gevra om die instelling van ‘n tariefverhoging van 18,65 persent wat deur die Nasionale Energiereguleerder goedgekeur is, eers op die lange baan te skuif. Hy het die slotopmerkings gelewer by die ANC se provinsiale konferensie wat in Bloemfontein in die Vrystaat gehou is. Ramaphosa sê Eskom se powere instandhouding in die verlede en die gebrek aan belegging in nuwe kragstasies het die land in ‘n energiekrisis gedompel: