Cyril sê China ondersteun Afrika

President Cyril Ramaphosa sê met China en ander lande se ondersteuning sal streeksontwikkeling en -integrasie die diversifisering van Afrikalande ondersteun. Hy het aan die einde van die 15de Brics-beraad by die China-Afrika-onderhandelingstafel in Johannesburg, gepraat. Ramaphosa sê dis noodsaaklik vir die vasteland se toekomstige groei en vooruitgang dat die beweging van goedere, dienste, mense en kapitaal oor die vasteland bevorder word.