Cyril sê ANC werk aan herlewing van ekonomie

President Cyril Ramaphosa sê die regering het afgelope vyf jaar daaraan gewerk om die ekonomie na ‘n dekade van stagnasie te laat herleef en dit teen plaaslike en globale skokke te beskerm. Hy het die laaste Staatsrede vir die sesde administrasie in Kaapstad gelewer. Ramaphosa sê hulle het danksy vyf Suid-Afrikaanse beleggingskonferensies 1,5 triljoen Suid-Afrikaanse rand in nuwe beleggingsverbintenisse ingesamel, waarvan meer as 500 miljard rand reeds na die ekonomie gevloei het: