Cyril sê ANC kan leer uit Zuma se skorsing

Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê oudpresident Jacob Zuma se skorsing uit die party is ʼn ongelukkige stap wat die Nasionale Uitvoerende Komitee moes doen. Sy skorsing kom meer as ʼn maand nadat hy sy ondersteuning vir die nuwe uMkhonto weSizwe-party bekend gemaak het. Die komitee het Zuma volgens Reël 25.60 van die party se grondwet, geskors. Ramaphosa sê die ANC kan baie lesse uit hierdie situasie leer: