Cyril sal moet sokkies optrek tydens kragkrisis – dis ‘n leierskapstoets

Die stigtingsdekaan van die Gordon Institute of Business Science in Suid-Afrika, Nick Binedell, sê in ‘n krisis word leierskap beproef. Hy sê President Cyril Ramaphosa se leierskap word bevraagteken en getoets na gelang van sy hantering van die elektrisiteitskrisis. Volgens Binedell moet die president meer sigbaar vir die publiek wees en sy stem moet gehoor word oor wat die regering elke dag doen om die ekonomie te help herstel en om beurtkrag stop te sit: