Cyril sal luister na werkbare voorstelle oor NVG
President Cyril Ramaphosa sê hy is bereid om na werkbare voorstelle oor die Nasionale Gesondheidsversekering te luister. Hy het Dinsdag met Business Unity South Africa se leierskap vergader om die omstrede NGV-wet te bespreek. Die organisasie sê die wetgewing is in sy huidige vorm onwerkbaar en skadelik vir die land se gesondheidstelsel. Ramaphosa het gister by die Afrika-lugvaart-en-verdedigingskou by die Waterkloof Lugmagbasis in Centurion gepraat en sê sy doel is om billike en gehalte-gesondheidsorg te bied: