Cyril raas oor faksies, binnegevegte en swak dissipline
Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê die beweging gaan steeds gebuk onder swak dissipline, faksievorming en ander afwykende neigings. Hy het die slotrede gelewer by die party se verkiesingskonferensie in die Oos-Kaap. Ramaphosa sê die beweging se beleide moet Suid-Afrikaners hoop gee. Hy sê landsburgers moet oortuig wees die ANC is die beste oplossing vir ‘n beter lewe vir almal: