Cyril praat met Putin oor AU se vredesdialoog oor Oekraïnse oorlog
Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa sê Afrika-lande voer samesprekings oor die beste moontlike proses wat gevolg kan word om die oorlog in Oekraïne te beëindig. Ramaphosa het Saterdag saam met die topleiers van die ANC verskillende partystrukture in KwaZulu-Natal besoek, onder die vaandel van die party se veldtog van vernuwing. Ramaphosa het tydens ‘n toespraak in Ethekwini gesê hy het in ‘n telefoniese gesprek met die Russiese President Vladimir Putin oor die beoogde Afrika-unie se vredesdialoog gepraat.