Cyril onderteken NGV môre
President Cyril Ramaphosa gaan môre die buurland se Nasionale Gesondheidsversekering-wetsontwerp in die openbaar by die Uniegebou onderteken. Die omstrede wetsontwerp sal die regering se ambisieuse planne vir universele gesondheidsdekking inlei om ʼn verenigde gesondheidstelsel te skep. Opposisiepartye, sakeondernemings en professionele gesondheidswerkers verwerp die wetsontwerp en sê dis ongrondwetlik. Volgens die Presidensie sal die ondertekening die gesondheidstelsel help om maatskaplik-ekonomiese ongelykhede te oorkom.