Cyril nou eers net voor 1nm op lughawe

Die presidensie het aangekondig dat president Cyril Ramaphosa, wat aanvanklik om 10-uur in die hoofstad sou aankom, nou eers om 20-voor-12 by die Hosea Kutako internasionale lughawe sal neerstryk. Dit is nie bekend hoe laat hy in die hoofstad sal wees nie. Ramaphosa sal eers by Staatshuis ontvang word deur president Nangolo Mbumba. Daarna sal hy die voormalige eerste dame, Monica Geingos, by Casa Rosalia besoek om sy eer te betoon na die afsterwe van president Hage Geingob.