Cyril moet laks ministers ontslaan, sê EFF
Die EFF sê hy veroordeel ministers se gebrek aan uitvoerende aanspreeklikheid ten opsigte van hulle parlementêre pligte in die regering van nasionale eenheid. Die mees onlangse verslag toon sedert die ontstaan van die sewende Parlement is een-duisend-269 vrae vir geskrewe antwoorde ingedien, waarvan 129 nie beantwoord is nie. Altesaam 593 van die vrae is laat beantwoord. Die EFF sê president Cyril Ramaphosa moet die ministers verwyder wat hulle parlementêre pligte verwaarloos.