Cyril moes Cosatu Werkersdag verlaat na chaos uitbreek
Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, is gedwing om die Cosatu Werkersdag-saamtrek gister te verlaat. Dit het gevolg na ontevrede Sibanye-Stillwater-mynwerkers die saamtrek ontwrig het. Chaos het ontstaan ná ‘n stryery by die Royal Bafokeng-stadion in Noordwes uitgebreek het. Die mynwerkers staak oor loonverhogings en eis Ramaphosa moet hul kwessies aanspreek. Die federasie se president, Zingiswa Losi, sê die ontwrigting was onvermydelik.