Cyril mag appelleer in Zoeloe-koning saak

Die Gautengse Hooggeregshof het president Cyril Ramaphosa toestemming gegee om te appelleer teen ʼn besluit om sy erkenning van Misuzulu kaZwelithini as hoof van die Zoeloe-monargie ter syde te stel. Die Hooggeregshof in Pretoria het verlede maand die president se erkenning en kroning van die koning van die hand gewys. Die saak sal in die Appèlhof in Bloemfontein aangehoor word.