Cyril maan Afrika-leiers om waaksaam te bly vir pandemies
Suid-Afrikaanse president Cyril Ramaphosa sê alhoewel Covid-19 internasionaal nie meer as ‘n openbare gesondheidsgevaar beskou word is nie, is dit steeds ‘n endemiese virus wat voortdurend verander. Ramaphosa het sy deelname aan die Vergadering van Staatshoofde en Regerings van die Afrika-unie afgesluit. As kampvegter van die unie se reaksie op Covid-19, het Ramaphosa ‘n verslag voorgelê oor die vasteland se hantering van die pandemie en sy gereedheid teen toekomstige gesondheidsbedreigings. Hy het leiers aangemoedig om voort te gaan om hul lande se gereedheidsvlakke teen toekomstige pandemies te verbeter.