Cyril loof Angolese president oor DRK, Rwanda skietstaking

President Cyril Ramaphosa en die Angolese president, João Lourenço, het hulle verbind om saam te werk en ook met ander leiers in die streek, om te verseker die skietstilstand tussen Demokratiese Republiek die Kongo en Rwanda word permanent. Die presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Suid-Afrika en Angola is saam met ander lande ondertekenaars van die 2013 Raamwerk-ooreenkoms vir Vrede, Sekerheid en Samewerking in die DRK en die Streek. Volgens Magwenya sal Angola die implementering steeds monitor.