Cyril kyk oorlogsmisdade by die huis mis

Action Society sê president Cyril Ramaphosa moet nader aan die huis kyk as hy iemand van oorlogsmisdade wil aankla. Die president het vroeër die week aangekondig Suid-Afrika het by die Internasionale Strafhof aanbeveel dat Israel se vermeende oorlogsmisdade in Gaza ondersoek word. ʼn Woordvoerder van Action Society, Juanita du Preez, sê die persoon teen wie die aanklagte ingestel moet word, is die minister van Polisie, Bheki Cele, omdat hy nie daarin slaag om misdaad in die land te bekamp nie: