Cyril kuier Woensdag in Kenia na COP27
President Cyril Ramaphosa is Woensdag in Kenia vir ‘n staatsbesoek aan sy eweknie, President William Ruto. Die besoek vind plaas twee dae ná sy bywoning van die COP27-beraad oor klimaatsverandering in Sharm El Sheikh, Egipte. Die presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die besoek sal ‘n sakeforum insluit wat fokus op handel en belegging tussen Kenia en Suid-Afrika: