Cyril kuier in Angola
President Cyril Ramaphosa vertrek vandag op ‘n werksbesoek aan Angola om met president João Lourenço te vergader. Die besoek sal fokus op die versterking van bilaterale betrekkinge, gegrond op hulle historiese bande, gesmee tydens die bevrydingstryd teen kolonialisme en apartheid. Die woordvoerder van die Presidensie Vincent Magwenya sê die leiers sal ook praat oor die voortslepende krisis in die Demokratiese Republiek die Kongo, waar die sekerheidstoestand sedert verlede jaar versleg het: