Cyril is weer SA president

Die ANC president Cyril Ramaphosa is vir ‘n tweede termyn as die president van Suid-Afrika verkies. Die Nasionale Vergadering het Ramaphosa met ‘n oorweldigende meerderheid van 283 stemme verkies. Die president van die EFF, Julius Malema het 44 stemme gekry. Ramaphosa sê politieke partye moet beloof om op twee maniere hulle samewerking te gee: as ‘n vrywillige parlement van nasionale eenheid en as ‘n vrywilige regering van nasionale eenheid.