Cyril is RNE presidensiële kandidaat: Steenhuisen
DA-leier John Steenhuisen het bevestig die president van die ANC, Cyril Ramaphosa sal die presidensiële kandidaat wees vir die regering van nasionale eenheid. Op ‘n nuuskonferensie het Steenhuisen gesê die land se uitdagings bly ernstig, en hoë werkloosheid, misdaad, infrastruktuur-agteruitgang en endemiese korrupsie uitgelig.